2013 Artikel - Dan skiet jy
 
2015 Referaat - Handleiding vir huis en haard beskerming
 

Huis en haard beskerming

Die boustene van ons volk is ons gesinne, wat ten alle koste beskerm moet word! Alles in ons vermoë moet gedoen word om die individue en gesin te beskerm.

Die huidige landswette van elke land waarin ons volksgenote hulself bevind maak voorsiening vir wettige verweer teen agressie.

Daar word 'n beroep gedoen op volksgenote om alles in hul vermoë te doen, om hulself te beveilig en te verdedig binne die ruimte wat daardie huidige landswette skep.

Lees gerus meer op oor wat regskenners sê hoe beveiliging en verdediging in die praktyk gedoen kan word, wat insluit: vuurwapens, wapen hantering, selfverdediging, omheinings, alarms, honde, werkers, afrika tekens, roetines, kragonderbrekings, nood voorrade, brandstof, ontruiming, kommunikasie, noodseine, radios's, buurtwagte, patrolering, veiligheidswagte, ens..)

Volksgenote word eerstens daaraan herinner dat indien hulle nie geestelik paraat is nie, daar geen waarborg is vir fisiese veiligheid nie!

'n Beroep word op volksgenote gedoen om die geestelike wapenrusting wat vir ons beskryf word in die Bybel in Ef. 6:11-18 deel te maak in ons daaglikse lewensstryd. Lees gerus meer op oor geestelike weerbaarheid.

U is welkom om die referate in PDF-formaat hierlangs af te laai.