Uitnodigings en kennisgewings na volksvergaderings en konsilies geskied op nasionale vlak in die Republiek van Suid-Afrika by wyse van koerant berigte en pamflette, en op internasionale vlak (Namibië, Botswana, ander Afrika lande waar ons volksgenote werksaam is; Israel, Engeland, Europa, Canada, VSA, Suid-Amerika, Ooste, Australasië) per elektroniese pos, ander sosiale media platforms, en elektroniese webblad by www.volksvergadering.co.za
Kontak asseblief die dagbestuur indien u u epos adres op die vaste versendingslys wil registreer. So kan die GKK u dan permanent op hoogte hou van onderwerpe, debatte en besluite.
Indien u eposte ontvang en dit nie nodig ag nie, vra ons om verskoning vir die ongerief. Laat weet asseblief die GKK, ons verwyder u epos adres sonder versuim van die adreslys.
U is welkom om per e-pos of telefoon in verbinding te tree met die dagbestuur van die GKK rakende enige ander navrae of insette.
Afvaardigings van die GKK besoek ook op versoek, persone/organisasies wat oorhoofse sake of ernstige klagtes het om te bespreek.
Voorstelle ter verbetering van die GKK se gebruik van die media word verwelkom.