Vraagstukke

Vraagstukke en ernstige probleme was in die antieke Bybelse tyd deur die familiehoofde gehanteer. Hierdie gebruik was ook deel van ons onlangse geskiednis, maar het stelselmatig agteruit gegaan as gevolg van die verbrokkeling van gesonde gesins- en familiestrukture. Dit is nodig vir gesinne en families om weer te herenig sodat ons 'n gesonde volk kan wees. Die afgelope volksvergaderings het in hierdie verband verskeie vraagstukke begin aanspreek. U word uitgenooi om uself te vergewis van aktuele sake, en hoe sekere vraagstukke aangespreek kan word.

'n Beroep word ook op volksgenote gedoen om hul familie of organisasie verteenwoordigers te stuur om die volksvergaderings by te woon, sodat die probleem vraagstukke van die dag aangespreek kan word tot in die diepste vlakke. Daar word tot op die been gesny om sake te ondersoek en uit te klaar. Ons hoef nie ten gronde te gaan as gevolg van 'n gebrek aan kennis nie!

Verskeie geestelike en fisiese vraagstukke was reeds gehanteer deur die afgelope paar jaar by die nasionale openbare volksvergaderings en konsilies. Volksgenote het hulle insette gelewer vanuit 'n wye verskeidenheid van families, groepe, organisasies en gemeentes, wat verskillende standpunte verteenwoordig. Jaarliks word verskeie aktule sake ter tafel gebring by die volksvergaderings ter uitklaring. Daar word deelgeneem om in sake tot by oplossings te vorder deur volksgenote wat optree as kenners, geleerdes, uitvoerendes, vanuit ondervinding, vanuit vermoë, bejaardes, volwassenes en jeugdiges.

Ons eer ons Hemelse Vader wat deur sy Seun en die Krag van sy Gees ons in staat stel om tot by besonderse oplossings te vorder. HalleluJAH!

Kontak gerus die dagbestuur in hierdie verband, sodat u geliefdes se vrae en vraagstukke aangespreek kan word.