Broederskap

‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. (Joh. 13:34)

By Paardekraal het ons voorouers in hul gelofte onderneem om met mekaar in liefdevolle broederskap te leef.  In die geledere van ons voorouers was daar gedurige stryd met mekaar, net soos die Israeliete wat uit Egipte weggetrek het. Ons is inderdaad 'n unieke volk wat bestaan uit 'n verskeidenheid van karaktervolle persone, wat verskil van mekaar wanneer dit kom by durf, moed, oortuiging, passie, krag en spoed. Dit sien ons in ons geskiedenis. Israel se 12 stamme het net so 'n verskeidenheid van eienskappe gehad, maar hulle was verenig in die Tabernakel. Die Tabernakel was die middelpunt van Israel en ook die Weg na hulle verlossing.

Vandag is die Gesalfde Koning (Jesus Christus, Jahshua Messias) ons volk se middelpunt en die Weg na ons verlossing. In Hom is ons verenig, en sal ons van krag tot krag gaan. In hierdie hoofsaak verskil ons nie as broers van mekaar nie. Ons erken sy gesag en regering oor ons! 

In die bysake verskil ons as broeders op 'n vreedsame wyse, soos dit die volgelinge van die Verlosser betaam. 'n Beroep word op volksgenote gedoen om te verenig in die HOOFSAKE, en nie langer met mekaar te stry oor die BYSAKE nie.

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! (Ps. 133:1)

Vrede vir U, Geliefde Broer en Suster, mag ons Verlosser u en u geliefdes ryklik seën op die pad vorentoe tot eer van Sy Naam.