Alles wat bestaan behoort aan ons Hemelse Vader, soos ons kan lees in Ps. 24:1 en 1 Kor. 10:26 "Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;" Hy het eiendom uitgedeel volgens Sy besluit. Deut. 32:8 "Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel." Hand. 17:26 "En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,"
In die Bybel sien ons dat daar wettige eiendomsreg is vir die verskillende nasies op die aarde wat die HERE van mekaar geskei het. Net so sien ons in ons eie volksgeskiedenis dat die HERE eiendomsreg erken vir die geloftevolk. Hierdie eiendomsreg sien ons in ons volksgeloftes, waar die HERE vir ons grondgebied beskik het waar ons vir Hom 'n volk kan wees in Suid-Afrika. Dit lees ons ook in Sefanja 3:10 oor 'n Godsvolk in Suid-Afrika wat sal terugkeer na die HERE.
Ons reg op eiendom in Suid-Afrika kom gevolglik van die HERE af, en diegene wat meehelp om ons volk van daardie reg te ontneem sal teenoor die HERE rekenskap moet lewer.
'n Ernstige beroep word gedoen op almal wat deelneem aan hierdie saak in Suid-Afrika, om nie hul rug op die HERE te draai nie.
Laai gerus die referate hierlangs af in PDF-formaat.