1654 Gelofte van Jan van Riebeeck
 
1835-1845 Voortrekkerstamouers
 
1838 Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier
 
1838 Gelofte van Bloedrivier
 
1880 Gelofte van Paardekraal
 
1882 Proklamasie van Majuba
 
2009 Geloftevolk Volksvergadering te Vegkop - Uitnodiging
 
2011 Outentieke Gelofte van Bloedrivier
 
2016 Referaat - Die 1939 Voortrekkerhoogte Broederskap Ooreenkoms - Hertoewyding
 
2017 Brief - 6 April as Geloftedag
 

Ons geloftes

Ons volksgeloftes vorm deel van ons geloofs-erfenis en identiteit, net soos die geskiedenis van die afgelope 4100 jaar, wat insluit: die geskiedenis van ons voorouers se persoonlike geloofslewens en getuienisse, die hervorming, die vervolging deur die middeleeue, die vroeë kerk, die apostels, die lewe van Christus, die dissipels, die getroue konings en priesters, die rigters, die 12 stamme van Israel, Moses, die slawerny in Egipte, Jakob, Isak en Abraham se lewens.

Ons geloftes beskryf 'n kern deel van ons volkskarakter en identiteit. Ons geloftes is in lyn met die Bybel, en dien as rigtingwysers vir ons kinders op hul lewenspaaie vorentoe. In ons geloftes sien ons die geloofstryd, opofferings en oorwinnings wat ons voorouers behaal het, waarop ons en ons kinders ook kan voortbou.

Die essensie van die 1654 gelofte van Jan van Riebeeck is dat ons as nageslag sal onthou dat ons Hemelse Vader ons voorouers hier aan die suidpunt van Afrika gevestig het. Met die 1838 gelofte van Bloedrivier het ons voorouers onderneem om vir ons Hemelse Vader 'n volk te wees soos Hy dit verkies, en met die 1880 gelofte van Paardekraal het ons voorouers onderneem om in liefdevolle broederskap te leef. Die geestelike karakter van ons volksgeloftes weerspiëel die liefdesgebod van Christus soos vervat in Matt. 22:37-40. Hierdie volksgeloftes bly van krag regdeur elke generasie en bied 'n vaste basis vir die volksbestaan. Laai gerus hierlangs ons volksgeloftes in PDF-formaat af.

Ons is hier om te bly en Sy werk wat Hy vir ons het te voltooi! Ons weet waarheen ons oppad is, omdat ons weet waarvandaan ons kom, en ons weet ook hoe om vorentoe te gaan, omdat ons weet hoe ons tot hier gekom het!  Ons krag kom van ons Hemelse Vader en ons vind vertroosting in die woorde van Jes. 40:31 "maar die wat op die HERE (JHWH) wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."

Ons Verlosser self het ons bemoedig met die woorde: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan." (Joh. 14:12)

Mag ons Hemelse Vader aan elkeen van ons hierdie geloofskrag skenk van hier af vorentoe.