Kalenderkomitee

In 2013 is 'n Kalenderkomitee tydens die Volksvergadering te Bloemfontein in die lewe geroep, om die onderwerp van kalenders wat in gebruik was tydens die verskillende Bybel tydperke te ondersoek. 

Hierdie onderwerp is vandag 'n aktuele studie veld regoor die aarde en hou verband met die teologiese, argeologiese, geskiedkundige en tegnologiese velde. Kalenders en metodes van tyd-meting het inderdaad baie verander die afgelope 6000 jaar soos die geskiedenis, wetenskap en tegnologie gevorder het.   In ons volksgeledere is daar verskeie kundiges op hierdie gebiede wat die onderwerp al vir baie jare reeds deeglik deeglik bestudeer het. Die Kalenderkomitee verkry insette vanuit verskeie oorde en volksgenote, en lewer dan verslag aan die komende volksvergaderings. Vanuit die verskillende verslae is dit sover duidelik dat daar verskillende kalenders in gebruik was oor 'n 4000 jaar tydperk tot en met die geboorte van Christus, nl.: die son en maan skeppings-kalenders wat Henog beskryf dateer vanvoor 3000 v.C., Moses se wette beskryf Israel se maankalender  en die Tabernakel vanaf 2000 v.C., die Judese-Babiloniese maankalender gebaseer op statisties gebaseerde formules vanaf 500 v.C. en die Romeinse-Juliaanse Sonkalender 46 v.C.  

Die ondersoeke duur voort om uit te klaar watter ooreenkomste en verskille daar was, wat die redes vir veranderinge was, tot watter mate hulle oorvleul het, waanneer hulle tot 'n einde gekom het, watter ander kalenders uit hulle voortgespruit het. Wanneer ons na die 6000 jaar tydlyn kyk soos 'n lineaal, en die geskiedenis gebeure daarop aanbring, sien ons die geskiedenis in perspektief.  Sodra die werk voltooi is sal Bybelgebeure nie net op 'n v.C.-n.C. tydlyn geplaas kan word, soos dit algemeen nou wêreldwyd gedoen word nie, maar ook op die spesifieke kalender tydlyne wat aan die orde van die dag was. Dit sal baie onduidelikhede uitklaar by Bybelstudente.

Verskeie volksgenote en internasionale kenners se werk oor kalenders is van groot waarde en word gebruik in hierdie ondersoek. Die ondersoekwerk van die komitee is sterk op dreef en alle feite, inligting en aannames word krities bevraagteken.

Tydens die konsilie van 2014 gehou te Vegkop is die volgende besluit geneem: 5. "Vasstelling van kriteria om kalenders te evalueer in die lig van Bybelse vereistes. Die konsilie is bewus van verskeie kalenders binne volksverband wat meebring dat die sabbat nie deur almal op dieselfde dag gehuldig word nie en dat die kommersiële wêreld nie erkenning gee aan die onderhouding daarvan nie. Vanuit Skriftuurlike perspektief is die ontheiliging van die sabbat ‘n kern aspek wat aanleiding gee tot strafgerig.

Die konsilie doen ‘n beroep op volksgenote om volgens eie oortuiging die sabbat te onderhou soos voorgeskryf in die wet: Eks. 31:12-16 12 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig. 14 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. 15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. 16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.

Weens die huidige toedrag van sake is die kalenderkomitee getaak om die Skriftuurlike basis van die verskillende kalenders wat gevolg word te ondersoek. Volksgenote is welkom om hul insette te lewer in genoemde verband by die kalenderkomitee. Op die oomblik vra die komitee dat belanghebbendes ‘n lys van Skrif verwysings sal aanstuur wat betrekking het op die kalenders waarvan die Skrif melding maak. Apokriewe- en Deutero-kanonieke Boeke is ook ter sprake asook ander geskiedkundige bronne."

Verskeie weergawes van die verskillende kalenders bestaan in ons volksgeledere wat spesifieke besonderhede saamvat. Volksgenote word uitgenooi om in verbinding te tree met die Kalenderkomitee by kalenderkomitee.gkk@gmail.com.

Die Kalenderkomitee betuig hartlike dank aan elke volksgenoot wat reeds tot nou toe hulle besondere insette gelewer het in hierdie verband. Baie dankie! Mag ons Hemelse Vader u seën.

Die beplanning is om in 2015 die verskillende kalenders aan te bied op die Konsilie vir openbare debat. Volksgenote word uitgenooi om hulleself voor te berei en hul kalenders te kom aanbied. 

Laai gerus 'n MS Powerpoint aanbieding af in PDF-formaat wat handel oor die afgelope 6000 jaar se geskiedenis van die gebruik van verskillende kalenders.

(6000 Jaar_Kalender_geskiedenis.pdf   In proses om gelaai te word - 60Mb)