Kinderfonds

Dit gaan vandag toenemend swaarder met ons volksgenote aan die suidpunt van Afrika. Druk word op die ouers uitgeoefen vanuit verskeie oorde. Sommige ouers word vervolg terwyl ander hulle werk verloor deur regstellende aksie. Sommige word geadviseur dat skuld 'n uitweg is, ander verloor hulle beleggings of word beroof. Sommige huishoudings maak hulle maandelinse begrotings net net. In sommige huise gaan dit baie moeiliker. Hulle wat dit die moeilikste het is die kindertjies. Daar bestaan werklik 'n groeiende nood onder die kinders in ons volksgeledere.  'n Kinderhulpfonds is in 2014 in die lewe geroep by die volksvergadering te Bloemfontein om hulpbehoewende kinders in ons volksgeledere te ondersteun. 

Die Geloftevolk Kinderhulpfonds, as nie winsgewende maatskappy, sal binne die vermoë van die fonds, ons volkskinders van hulp wees deur finansieële bydraes te maak direk waar die behoeftes is: bv. studiehulp, skoolfonds, skoolklere, kos, of hulp aan die ouers om hulle ouerlike pligte teenoor hulle kinders na te kom, of regshulp en maatskaplike hulp aan die kinders te bied. Kontak ons asseblief indien u bewus is van 'n spesifieke nood of behoefte.

Bydraes tot die fonds kan gemaak word by:

(Geloftevolk Kinderhulpfonds bankrekening besonderhede.pdf - sal binnekort hier aangebring word)