2010 Finale Teokrasie Verslag van die Teokrasie Komitee
 
2011 Konsep Grondwet van die Teokrasie van Gelofteland
 
2013 Raadpleging - Teksverse en voorbeelde uit die Bybel
 
2014 Lotkroniek
 
Die Tweede Groot trek is hier
 

Teokrasie

Teokrasie kan gedefinieer word as die aangestelde regering in diens van JHWH (die HERE), in teenstelling met Demokrasie wat 'n verkose regering in diens van mense is. In die nuwe Testament is Matthías as apostel verkies op Teokratiese wyse (Hand. 1:20-26). In die Bybel lees ons ook dat Israel vir 400 jaar 'n Teokrasie as regeringsvorm gehad het vanaf Moses tot Saul se tyd. Teokrasie is dus nie 'n vreemde konsep nie, net relatief onbekend. Daar bestaan genoegsame inligting in die Bybel vir ons om 'n baie goeie begrip te kan vorm van die funksionering en beginsels van Teokrasie.  Sekere kenmerke van Teokrasie, en die toepassing van Teokratiese beginsels, sien ons reeds in ons volksgeskiedenis, in ons volksgeledere en in die kerke waar ons volksgenote betrokke is.

As uitvloeisel van die besluite van die Volksvergadering van 2009, het die Volksvergadering van 2011 eenparig die aangepaste Teokrasie verslag aanvaar sowel as die Konsep Grondwet vir die Teokrasie van Gelofteland wat in terme van bestaande Volksgeloftes in die vooruitsig gestel word. Die vergadering het besluit dat die teokratisering van tersaaklike wetgewing spoedeisend is en voortgesit moet word vir die ordelike instelling van die Teokrasie van Gelofteland se samelewingsordening.

Tydens die volksvergadering te Majuba in 2012 is die besluit geneem om Jahshua Messias (Jesus Christus) te dien as Koning in al ons sake. "Besluit 6: Die vergadering neem met dank kennis van die dokument (die pad vorentoe) en doen daarop ‘n beroep op die Geloftevolk dat ‘n Teokratiese volkslewenswandel nou reeds nagestreef moet word deur JaHoshua Messiag [Jesus Christus] as Koning in ons lewens te erken deur Sy gebooie te onderhou. Dit sal gekenmerk word deur eensgesindheid en liefde tot ons hemelse Vader en mekaar." Die daaropvolgende volksvergaderings en konsilies is vanuit hierdie staanspoor gehou. 

Ons kan ons verheug in die heerlike beloftes van die koms van die Koningkryk van Christus op aarde volgens Op. 20:6  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank."

Laai gerus die tersaaklike dokumente hierlangs af in PDF-formaat.