Voedselkomitee

Sommige voedsel produkte wat ons vandag op die winkelrakke aantref bevat aspekte wat nadelig is vir die mens se gesondheid. Die nadelige elemente in voedsel het 'n negatiewe invloed op ons, en veral op ons kinders. Die Bybel gee vir ons verskeie riglyne in verband met die voedsels wat ons kan inneem, wat baie belangrik is vir ons fisiese en geestelike gesondheid. Gesonde voedsel bestaan uit verskeie aspekte, waarvan ons volksgenote kennis behoort te dra, sodat die vergiftiging van ons kindertjies kan eindig!

Voedsels produkte word vandag besoedel met onder andere giftige kleursels, geursels, preserveer middels, groei stimulante, plaag doders, versoeters, gasse, papierpulp, ens.. Geneties gemanipuleerde voedsels hou ook verskeie nagevolge in vir mens en dier wat dit inneem. Ons drinkwaters is ook nie meer gesond genoeg om net so in te neem nie!

Vreemde godsdiens merke op verpakte voedsels word gefinansier deur diegene wat dit koop. Sodoende word beleggings gemaak teen Christus deur vreemde godsdienste te befonds. In die geskiedenis sien ons dit juis ook daardie godsdienste is wat die Christene vervolg.

Die voedsel komitee ondersoek verskeie aspekte om 'n verslag saam te stel wat ons volksgenote kan inlig.

'n Beroep word op volksgenote gedoen om hulleself deeglik te vergewis van wat hulle eet en drink, en moeite te doen om die skadelike aspekte uit hul eetplan te verwyder.

Indien u insette of vrae het kontak gerus die voedsel komitee by voedselkomitee.gkk@gmail.com