2009 Geloftevolk Volksvergadering te Vegkop - Uitnodiging
 
2009-2014 Volksondes
 
2012 Referaat - Eet van afgodsoffers
 
2013 Referaat - Bileamsleer
 
2013 Referaat - Nuwe Testamentiese begrip van strafgerig. (JvZ)
 
2013 Referaat - Nuwe Testamentiese begrip van strafgerig. (RvdM)
 
2015 Brief - LGBT Kwessie
 
2015 Brief - Zuma aanslag op blanke Christendom.
 
2015 Referaat - Herkenning en erkenning van strafgerig
 

Volksondes

Eseg. 33:11: " Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE (JHWH), gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel

Alles wat ons Hemelse Vader beskou as sonde; is vervat in die gebooie, wette, insettinge en verordeninge in die Bybel. Indien iemand die grense wat gestel is deur ons Hemelse Vader oortree, word dit as sonde gereken, en dra die skuldige self die gevolge van die ongeregtigheid. Wanneer iemand sondig, oortuig die Heilige Gees die persoon deur 'n sonde-en-skuldbesef. Hierdie sondeskuld kan slegs vergewe word deur ons Saligmaker en Verlosser indien daar in opregtheid by Hom om vergifnis vir daardie spesifieke sonde gepleit word. Sonde teen die Heilige Gees is die ignorering van daardie skuldbesef, met die gevolg dat die persoon nooit bid en om vergifnis pleit nie, en daardie sonde nie vergewe word nie. Elke persoon moet dus ywerig poog om ons Saligmaker en Verlosser se opdrag van "gaan en sondig nie meer nie" daagliks uit te leef.

By die afgelope paar Volksvergaderings was daar vir die volk in gebed ingetree, deur vir verskeie volksondes om vergifnis te vra by ons Hemelse Vader. Ons sal egter voortdurend moet bid en pleit vir hulp en genade deur die werking van die Heilige Gees dat ons volksgenote tot inkeer kan kom en kan ophou om te sondig. Maar wanneer die volk voortgaan om teen die Heilige Gees te sondig, sal die sonde skeidsmuur nooit afgebreek word nie. Ons volk sal moet breek met die sonde! Want aanhou sondig en die gevolge van die dood saam dra, is werklik onaanvaarbaar!

Vanaf 2009 word jaarliks 'n verootmoedigings diens gehou wat saamgaan met die Volksvergadering. Ons volksgenote kom tot die diepe besef watter sonde gruwels skeiding maak tussen ons en ons Hemelse Vader. Volksgenote maak gebruik van die geleentheid by die verootmoedigingsdiens om spesifieke volksondes te bely teenoor ons Saligmaker en Verlosser, ter vergiffnis, deur Sy Bloed wat vir ons aan die vloekpaal gestort is. Volksgenote besef weereens dat ons daagliks 'n lewe van Heiligmaking moet nastreef, volgens die Woord van ons Hemelse Vader.

Ons lees van die heerlike beloftes van sondevergifnis in 1 Joh. 1:9 "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig." en in 2 Kron. 7:14  "en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees."

'n Ernstige beroep word op volksgenote gedoen om tot diepe self ondersoek te kom deur die leiding van die Heilige Gees, sondes by die naam te bely, 'n rein liefdevolle lewe na te streef en alles te doen om binne al die grenslyne wat ons Hemelse Vader vir ons gestel het te leef.

Die volgende volksondes was reeds vanaf 2009 by die volksvergaderings bely:

(2009-2014 Volksondes.pdf - in proses om op rekenaar gestel te word)