Volksvergaderings was vanaf die vroegste tye deel van volksregering. In die Bybel lees ons van die eerste formele volksvergaderings by die Tabernakel, in Moses se tyd. Volksvergaderings was vir honderde jare daarna steed gehou in Israel. Elke individu; bejaardes, mans, vroue en kinders, was verteenwoordig deur die familie hoofde. Elke lid van die volk het dus 'n "stem" gehad op regeringsvlak, omdat die familie hoof sy stem laat hoor het in die vergadering. Hierdie oorspronklike regeringsvorm het so vervorm dat daar vandag 'n "kruisie" gemaak word, en dit 'n "stem" genoem, terwyl almal ontevrede bly met die resultate van die regering/organisasie/maatskappy. Die menigte van onvoldoende regerings vorme op hierdie aarde is resultaat van die konflik tussen die konings en die priesters vanaf die vroegste tye.
Regdeur Europa, onder andere in Griekeland en Duitsland was volksvergaderings in gebruik tot onlangs, en is tot 'n mindere mate steeds in gebruik in sekere dele in Europa. Volksvergaderings is ook deel van ons eie volksgeskiedenis. Hierdie basiese regerings-model bied aan elke persoon deelname aan sake deur verteenwoordigers wat werklik betrokke is by hul eie geliefdes.
Vanaf 2009 word daar jaarliks weer volksvergaderings gehou in Suid-Afrika. Honderd duisende van ons volksgenote word in kennis gestel deur verskeie media. Almal is welkom om bydreas te lewer. Vraagstukke kom uit volksgeledre en die aktuele sake van die dag. 'n Agenda saamgestel vir die volksvergadering, voorbereiding gedoen, en onderwerpe gedebatteer. Elke onderwerp word ingelei deur 'n inleier wat 'n kenner oor die onderwerp is, dan word die vloer oopgestel vir vrae, voorstelle, kommentaar en bedatvoering. Debatte wissel van kalm en rustig tot lewendig en beheersd. Daar word toegesien deur die voorsitter en skriba dat debatte binne die ordereëlings plaasvind. Elke onderwerp het 'n ander voorsitter en skriba. Debatte is deursigtig en argumente vanuit alle oogpunte word geopper. Ter afsluiting van die onderwerp word voorstelle gemaak. Die besluit kan insluit verdere studie van die saak tot volgende jaar of die onmiddelike praktiese implementering van spesifieke voorstelle. Die bewoording van die besluite word deur die volksvergadering goedgekeur en bekragtig.
Dit is werklik 'n besondere belewenis dat ons as volksgenote so kan saamwerk en sensitiewe sake deurwerk tot by sinvolle oplossings.
Volksgenote wat die vergaderings bywoon bring hul eie eetgoed saam. Vergaderings het gewissel van 3-7 dae. In die oggend eet elkeen sy/haar eie ontbyt, terwyl die vroue gesamentlike middag en aandetes voorberei. Tydens pouses word gesmul aan peuselhappies soos biltong, droë vrugte, vrugtelekkers, beskuitjies, ens. Om die braaivleisvure word vriendskapsbande voor af gesmee. Elke vergadering is 'n besonderse belewenis. Lees gerus van die besluite wat geneem is en die resultaat van die debatte wat gevoer is.
Laai gerus al die dokumente af hieronder in PDF-formaat.